South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 47

| Noteup | LawCite

S v Mapholi en Andere (408/84) [1985] ZASCA 47 (29 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


408/84

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
DAVID SINGO MAPHOLI Eerste Appellant
ANDRIES TSHAMANO MATHIVHA Tweede Appellant
JOHN NEMAULUMA Derde Appellant
EN
DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT, HOEXTER, BOTHA, GROSSKOPF, ARR,en
GALGUT, WN AR

VERHOOR: 21 Mei 1985
GELEWER: 29 Mei 1985

UITSPRAAK
GROSSKOPF, AR

Die appellante is in die Hooggeregshof van Venda

skuldig

2
skuldig bevind aan moord deur VAN RHYN HR en assessore.
By die verhoor was hulle onderskeidelik beskuldigdes 1,
2 en 4. Beskuldigde 3, Amos Mutshatshi, is on-
skuldig bevind en ontslaan. Gerieflikheidshalwe sal
ek na hom en die appellante verwys soos in die hof a quo.
Om die geskilpunte in hierdie appèl verstaan-
baar te maak is dit nodig om 'n kort opsomming te gee van
die verskillende stadiums waarin die verrigtinge plaasge-
vind het. Ek begin by die verhoor. Die klagte teen
die beskuldigdes was dat hulle 'n bejaarde vrou, die moeder
van beskuldigde 4, vermoor het ten einde van haar liggaams-
dele vir "muti." of medisyne te gebruik. Beskuldigde 1
was die hoofman van die gebied waar die beweerde moord

plaasgevind
3
plaasgevind het. Beskuldigde 2 was 'n welgestelde

slagter. Die vernaamste staatsgetuies was Johannes

Siavhe ("Johannes") en Kenneth Mamafha ("Kenneth").

Hulle was albei werknemers van beskuldigde 2. Hulle

getuienis kan soos volg opgesom word. Op 'n bepaalde

dag teen die einde van 1981 het beskuldigde 2 vir Johannes

aangesê om ná werk vir hom en beskuldigde 1 te vergesel

Hy het nie gesê waarnatoe nie. Op dieselfde dag het

beskuldigde 2 vir Kenneth gesê om ná werk met beskuldigde

2 se bakkie na 'n bepaalde plek teenaan 'n bos te ry, sy

toeter te blaas en te wag sodat hy 'n lyk kon verwyder

Na werk het Johannes toe saam met beskuldigde 1 en 2 ge-

stap na 'n oop kol in die bos. Daar het hulle beskuldig-

des........

4
des 3 en 4 gevind saam met die oorledene. Op bevel van

beskuldigdes 1 en 2 het beskuldigde 4 die oorledene twee-

maal teen die nek gekap met 'n bosmes. Beskuldigde 3

het haar vasgehou. Die oorledene is dood as gevolg van

die aanranding. Van haar liggaamsdele is verwyder en

in 'n plastieksak gesit. Haar lyk is in 'n kombers ge-

rol. Kenneth het intussen gearriveer met die bakkie

by 'n punt wat minstens ongeveer 30 treë weg was, en het sy

toeter geblaas om aan te dui dat hy daar was.

Beskuldigde 1 het die plastieksak ín sy besit

geneem, en die ander vier aanwesiges het die lyk gedra na

die bakkie waar Kenneth op hulle gewag het. Beskul-

digdes 1 en 2 het opdrag gegee dat die lyk na 'n begraaf-

plaas ............
5
plaas geneem moet word. By die begraafplaas het Ken

neth gewag terwyl die ander die lyk gaan begrawe het

in 'n bestaande graf. Daarna het Johannes saam met die

vier beskuldigdes gaan bier drink terwyl Kenneth huis toe

gegaan het.

Benewens die getuienis van Johannes en Kenneth

was daar getuienis dat beskuldigde 1 en beskuldigde 4

verklarings voor magistrate afgelê het. Hierdie ver-

klarings is, ten spyte van besware, as toelaatbaar verklaar

Sonder om in besonderhede daarop in te gaan kan ek meld

dat die verklarings moeilik gerym kan word met die getuie-

nis van Johannes en Kenneth , maar tog aanduidings bevat

dat die betrokke beskuldigdes (t.w. beskuldigdes 1 en 4)

'n mate van kennis omtrent die oorledene se dood gehad het

Die ..........

6
Die laaste belangrike staatsgetuie was luite-

nant Nefale van die Vendase polisiemag. Luitenant

Nefale het beskuldigde 1, beskuldigde 4 en Johannes ge-

neem om punte uit te wys waar hulle beweer het dat sekere gebeure

plaasgevind het. Hy het dan persone by die punte ge-

plaas en foto's laat neem. Hy het notas gemaak van die

uitwysings en het die notas gebruik om sy geheue te ver-

fris. Die notas is ingehandig as bewysstuk E.

Met enkele onbelangrike uitsonderings het die fotos eg-

ter weggeraak, en was hulle dus nie beskikbaar as bewys-

stukke nie. Luitenant Nefale het ook getuig dat be-

skuldigde 4 terwyl hy uitwysings gedoen het, 'n volle be-

kentenis gemaak het wat ooreenstem met die getuienis van

Johannes ...........
7
Johannes en Kenneth (en dus wesentlik verskil van sy ver-

klaring aan die magistraat). Die toelaatbaarheid van

hierdie bekentenis is nie aangeveg nie aangesien luitenant

Nefale 'n vrederegter was .

Dit was gemene saak dat die oorledene ongeveer

Oktober 1981 verdwyn het en dat haar lyk nie gevind is

nie. Díe staat se verduideliking van laasgenoemde feit

was dat toe die saak op die lappe gekom het in Mei 1982,

die presiese graf in die begraafplaas nie uitgewys kon

word nie.

Al vier beskuldigdes het getuienis afgelê en

ontken dat hulle enigiets met die oorledene se verdwyning

of dood te doen gehad het.

Die ..............
8
Die verhoofhof het die getuienis van die twee

medepligtiges, Johannes en Kenneth, met groot omsigtig-

heid benader, maar vanweë die indruk wat hulle in die ge-

tuiebank gemaak het asook hul onderlinge stawing, tot die

gevolgtrekking gekom dat hul geglo kon word. Ook

luitenant Nefale het 'n goeie indruk gemaak en die hof het

geen huiwering gehad om sy getuienis te glo nie

Wat die beskuldigdes betref, is no 1 se getuienis

as "nie redelik moontlik waar nie" verwerp. Geen be-

sondere kritiek is op no 2 se getuienis uitgespreek nie,

maar weens die aanvaarding van Johannes en Kenneth se ge-

tuienis kon dié van no 2 nie aanvaar word nie. Wat

no 3 betref, het die hof nie sy getuienis as inherent verwerp-

lik .................
9
lik beskou nie. In sy geval het die hof bevind dat, hoewel

daar geen twyfel oor die waarheid van Johannes en Kenneth

se getuienis was nie, 'n nougesette toepassing van die

versigtigheidsreël die gevolg gehad het dat hierdie be-

skuldigde onskuldig bevind rnoet word. Beskuldigde 4 i's

as 'n "leuenagtige getuie" beskryf vanweë sy verklaring

aan 'n magistraat, sy uitwysings aan luitenant Nefale

en die swak indruk wat hy in die getuiebank gemaak het.

Die eindresultaat was dus dat die getuienis varr

Johannes en Kenneth verkies is bo dié van beskuldigdes 1,

2 en 4. Hierdie drie beskuldigdes is gevolglik skul-

dig bevind en beskuldigde 3 is ontslaan. Geen

versagtende omstandighede is bevind ten opsigte van be-

skuldigde ...........

10

skuldigde 1 nie en hy is ter dood veroordeel. Be-

skuldigdes 2 en 4 was, volgens die verhoorhof se bevinding,

beínvloed om die moord te pleeg en hierdie omstandigheid

is as versagtend beskou. Hulle is gevonnis tot ter-

myne gevangenisstraf. Die vonnisse is gevel aan die

einde van November 1982.

Die volgende belangrike ontwikkeling was dat

beskuldigde 1 in Mei 1984 by die verhoorregter aansoek

gedoen het om verlof om te appelleer (en om kondonasie

in daardie verband) en, meer besonder, verlof om getuienis

voor te lê ingevolge artikel 316(3) van die Strafproseswet,

51 van 1977 ("die Wet"). Verskíllende kategorieë ver-

dere getuienis is aangebied, maar die aansoek het slegs

in .................

11

in een opsig geslaag, te wete met betrekking tot luitenant

Nefale se notas oor die uitwysings (bewysstuk E). Op die

oog af het hierdie bewysstuk aangedui dat Johannes se uit-

wysings en sy gepaardgaande verklarings in wesentlike op-

sigte verskil het van sy getuienis. Die uiteinde van die

aansoek orn verlof om te appelleer was dat verlof aan al drie

appellante verleen is, en dat die verhoorregter ingevolge

artikel 316(3) van die Wet verdere getuienis ontvang het.

Hierdie verdere getuienis is gelewer deur luitenant Nefale,

wat bevestig het dat bewysstuk E korrek aandui wat Johan-

nes aan hom uitgewys het. Johannes is as getuie terug-

geroep en sommige van die blykbare teenstrydighede tussen

sy uitwysings en sy getuienis is aan hom gestel

Nadat ................

12

Nadat die getuienis ontvang is het die verhoor-
regter kommentaar daarop gelewer soos aan die hand gedoen
is in S v Cebekulu 1976(3) SA 432(A) op bladsy 435 F.
Sien ook S v Masinda en 'n Ander 1981(3) SA 1157(A) op
bladsy 1165. Die verhoorregter het veral gewig geheg
aan 'n aantekening oor die uitwysing deur Johannes van die
punt waar Kenneth sou gestaan het by die toneel van die
moord "before the deceased was killed". In hierdie
verband sê die verhoorregter:

"Johannes was nog 'n verdagte en 'n aange-

houdene toe hy die uitwysing gedoen het

en aan Nefale te kenne gegee het dat

Kenneth voor die doodslag op die toneel
was.

Die Staat se hele saak het daarop berus

dat Johannes teenwoordig was (as enigste

ooggetuie ....

13

ooggetuie vir die Staat) toe die moord
plaasvind en dat Kenneth op vooraf af-
spraak, dat hy 'n lyk sou moes gaan haal,
op die toneel verskyn het. Trouens het
Kenneth, volgens sy getuienis in die Ver-
hoor, dan ook op die bestemde plek arri-
veer nadat die oorledene reeds dood was.
Sy lyk is gedra.

Die teenstrydigheid tussen die stelling
dat Kenneth op die toneel was "before the
deceased was killed" en die getuienis dat
Kenneth agterna met 'n bakkie arriveer het
om die lyk te kom haal, is dus nie 'n teen-
strydigheid wat bloot as 'n "fout" afgemaak
kan word nie. Dit is 'n teenstrydigheid
wat die kern van die Staat se weergawe
raak."

Die verhoorregter se slotsom is dan ook "dat die
verdere getuienis wat voorgelê is, die Staat se saak on-
herstelbaar skaad en dat al drie die beskuldigdes die voor-
deel daarvan op appèl behoort te trek."

In .............
14
In die argument op appèl was dit gemene saak

dat daar wel teenstrydighede was tussen Johannes se ge-

tuienis en sy uitwysings aan luitenant Nefale. Die

presiese graad van teenstrydígheid is ongelukkig nie dui-

delik bepaalbaar nie deurdat die foto's wat die punte aan-

toon, soek geraak het. Dit is nogtans duídelik, na my

mening, dat Johannes aan luitenant Nefale uitgewys het dat

Kenneth gedurende die moord by die moordtoneel aanwesig

was en gehelp het om die oorledene se lyk na die bakkie te

dra. Hierdie verklarings was wesentlik teenstrydig

met Johannes se getuienis en hy het nie ín sy verdere ge-

tuienis enige bevredigende verduideliking vir die teen-

strydighede gegee nie. 'n Mens weet dus nie watter

weergawe ............

15

weergawe (indien enige) die waarheid is nie. Hierdie

twyfel tas ook Kenneth se getuienis aan. Die verhoor-

hof was by skuldigbevinding beïndruk deur die samehangend-

heid van Johannes en Kenneth se getuienis. Waar dit

nou blyk dat Johannes se getuienis moontlik onwaar in

wesentlike opsigte was, is die gevolgtrekking onvermydelik

dat Kenneth se getuienis in daardie opsigte miskien ook

onwaar mag wees. En as 'n mens verder in ag neem dat

Johannes en Kenneth mede-werknemers van beskuldigde 2 was,

dat hulle ex confesso medepligtiges in 'n moord was, en

dat hulle mede-beskuldigdes was voordat hulle as staats-

getuies gebruik is, wonder 'n mens of die samehangendheid

van hul getuienis nie uit oorlegpleging eerder as uit be-

troubare ..........
16

troubare herinnering spruit nie. Ek stem dus met eer-

bied saam met úie geleerde verhoorregter dat die basis

waarop díe drie appellante skuldig bevind is, wegval as

gevolg van die bogemelde teenstrydighede tussen Johannes

se getuienis en sy uitwysings. Volledigheidshalwe

mag ek byvoeg dat daar ook ander oënskynlike teenstrydig-

hede was. Hulle is egter nie in kruisverhoor aan

Johannes gestel nie en word ook nie deur die verhoorregter

genoem in sy kommentaar op die verdere getuienis nie.

Weens die voorgaande is dit nie nodig om verdere aan-

dag aan hulle te verleen nie.

In sy argument namens die staat het mnr Du Ples-

sis betoog dat daar, afgesien van die getuienis van Johannes

en .............

17

en Kenneth, genoeg materiaal voor die verhoorhof was om

skuldigbevindinge teen beskuldigde 1 en beskuldigde 3 te

regverdig. Wat beskuldigde 1 betref was daar die

verklaring aan 'n magistraat en 'n uitwysing aan luitenant

Nefale. Die verklaring gee egter 'n totale ander

weergawe as wat uit die getuienis blyk, en daarbenewens

dui dit nie aan dat beskuldigde 1 aandadig was aan enige

aanrandinq op die oorledene, of inderdaad bewus was dat

die oorledene 'n onnatuurlike dood gesterf het nie (wat

natuurlik ook nie deur objektiewe getuienis bewys is nie)

Trouens, sy verklaring eindig met die woorde "I do not

know how the deceased die (sic)." Sy uitwysing aan

luitenant Nefale voer die saak niks verder nie. Na

my ............
18
my mening kan mnr Du Plessis se betoog dus nie slaag wat

beskuldigde 1 betref nie.

Die posisie van beskuldigde 4 is nie so een-

voudig nie. Beskuldigde 4 het op 26 Mei 1982 'n ver

klaring aan 'n magistraat gedoen waarin hy vertel het hoe

Johannes by beskuldigde 4 se kraal gekom het en sy moeder

(die oorledene) weggelok het. Beskuldigde 4 en be-

skuldigde 3 het hulle gevolg. Johannes het haar ver-

moor en liggaamsdele van haar verwyder. Na die ver-

wydering van die dele is die liggaam per bakkie weggeneem.

Volgens no 4 was sy enigste aandeel om die oorledene se

linkerarm vas te hou. Die beskrywing van hierdie in-

sidente verskil heeltemal van Johannes se weergawe. Ge-

durende ...........

19

durende die uitwysings aan luitenant Nefale op 15 Junie 1982

het beskuldigde 4 egter, volgens die luitenant se getuienis,

erken dat hy op aandrang van beskuldigdes 1 en 2 die oor-

ledene gedood het op die manier wat Johannes beskryf het

Beskuldigde 4 se getuienis was ten effekte dat

Johannes op die dag van die oorledene se verdwyning by

hul stat aangekom het. Johannes het weer vertrek en

die oorledene het hom gevolg. Die oorledene het nooit

teruggekeer nie, Beskuldigde 4 is gekruisvra oor sy

verklaring aan die magistraat, en sy getuienis hieromtrent

is tereg deur die hof a quo as onbevredigend beskou. Hy

het ook in kruisverhoor aanvaar dat hy punte aan luitenant

Nefale uitgewys het en verklarings aan hom gemaak het,

maar ...............
20

maar dit probeer verduidelik deur te sê "my kop het nie

gewerk nie". Soos reeds gemeld het die verhoorhof

beskuldigde 4 se getuienis verwerp en die oorkonde bied

volle regverdiging hiervoor.

Nadat die addisionele getuienis voorgelê is, het

die verhoorregter nie spesifiek oorweeg of daar genoeg

getuienis teen beskuldigde 4 was om 'n skuldigbevinding

te regverdig selfs indien Johannes en Kenneth se getuienis

buite rekening gelaat word nie. Sy houding was dat hul

getuienis (en veral Johannes s'n) onontbeerlik was. No 4

se verklaring aan die magistraat en sy uitwysings aan

luitenant Nefale is ook ten tyde van skuldigbevinding be-

skou as stawing van Johannes en Kenneth se getuienis en

as ................
21

as materiaal wat die geloofwaardigheid van beskuldigde 4

aantas, eerder as getuienis wat alleenstaaande die skuld

van beskuldigde 4 bewys het. Onder hierdie omstandig-

hede meen ek dat hierdie hof nie ligtelik 'n hoër bewyswaar-

de daaraan behoort te heg as wat die verhoorhof het nie.

Díe voordele wat 'n verhoor.hof geniet by die beoordeling

van getuienis is al dikwels beklemtoon en hoef nie herhaal

te word nie en daar bestaan goeie gronde waarom die ver-

hoorhof nie bloot op erkennings deur beskuldigde 4 sou wou

staatmaak nie. Soos reeds gemeld was die lyk van die

oorledene nooit gevind nie, en die onderskeie verklarings

deur beskuldigde 4 oor hoe sy haar dood teëgekom het,

verskil aansienlik van mekaar. Die verhoorhof het

hom ................
22

hom klaarblyklik as 'n swak en beínvloedbare persoon beskou

By deurlesing van sy getuienis kry 'n mens dan ook die

indruk dat hy feitlik enigiets sou sê om die druk van die

oomblik te vermy. Onder hierdie omstandighede kan ek

met eerbied nie verskil van die verhoorregter se beskouing

(by implikasie) dat beskuldigde 4 se eie teenstrydige

erkennings nie sonder meer 'n veilige grondslag vir skul-

digbevinding bied nie.

Weens die voorgaande slaag al drie appellante

se appelle, en word hul skuldigbevindinge en vonnisse

ter syde gestel.

E M GROSSKOPF, A R
CORBETT, AR )
HOEXTER, AR )
BOTHA,AR )Stem
GALGUT, Wn AR )saam