South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 22
| Noteup
| LawCite
Theron, Van Der Poel, Brink, Roos v Simonsig Landgoed en 'n Ander (125/92) [1994] ZASCA 22; 1994 (4) SA 204 (AD); (22 March 1994)
Download original files |
NIE RAPPORTEERBAAR NIE SAAKNOMMER
125/92
EB
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
THERON, VAN DER POEL, BRINK,
ROOS APPELLANT
en
SIMONSIG LANDGOED EN 'N
ANDER RESPONDENTE
CORAM: VAN HEERDEN, E M
GROSSKOPF, GOLDSTONE,
VAN DEN HEEVER et HARMS, ARR
VERHOORDATUM: 21, 22 en 23 FEBRUARIE 1994 LEWERINGSDATUM: 22 Maart 1994
UITSPRAAK
HARMS, AR
Hierdie appèl is teen 'n toekenning van
skadevergoeding op grond van die beweerde professionele nalatigheid van die
appellant,
'n firma van geoktrooieerde rekenmeesters, gerig. Kowie R het in die
Kaapse Provinsiale Afdeling skadevergoeding van R1 074 627,68
aan
2 die eerste respondent en R967 185,59 aan die tweede
respondent toegeken. Die appèl dien met sy verlof.
Mnr
Frans Malan senior ("Malan"), 'n bekende in die wynbedryf van die
Stellenbosch-omgewing, het oor die jare heen die wynlandgoed
Simonsig gevestig.
Gedurende 1983 het hy, meb die oog op boedelbeplanning, die bedryf aan sy drie
seuns oorgedra. Met daardie oogmerk
is 'n vennootskap genaamd Simonsig Landgoed,
die eerste eiser ("Simonsig"), terugwerkend vanaf 1 April 1982 op 17 Maart 1983
gestig.
Die vennote was die Malan-broers: Pieter was die administrateur, Johan
die keldermeester en Francois die wingerdboer. (Ek sal na
hulle by hulle
voorname verwys.) Coastal Wines (Edms) Bpk, die tweede eiser ("Coastal"), was 'n
bemarkingsmaatskappy en die aandele
daarvan is deur die Malan-seuns in gelyke
dele gehou. Hoewel Malan geen scacus in die vennootskap gehad het nie, het hy
de facto gehandel asof hy die senior vennoot en nog baas van die plaas
was.
Die verweerder ("Theron van der Poel") het sy oorsprong in die
samevoeging van 'n aantal firmas o a
3 Vosloo Meintjies en Vermooten gehad. Die naam en
samestelling van die firma het van tyd tot tyd verander.
Die besonderhede daarvan is nie vir doeleindes van hierdie
uitspraak ter sake nie. Al wat tans van belang is, is dat
mnr Van der Vyver, 'n senior vennoot, van vroeg af namens
sy firma Malan se sake behartig het en dat na die stigting
van Simonsig hy voortgegaan het om wesenlik dieselfde diens
aan Simonsig te lewer totdat 'n jonger vennoot, mnr Bosman,
vanaf 1984 geleidelik sy taak oorgeneem het. Van
die
boekhoukundige werk is deur 'n senior klerk, mnr
Junius,
verrig. Daaroor later meer.
Op 1 Februarie 1983 het Malan vir ene Van der
Westhuizen as sekretaris/rekenmeester van Simonsig
aangestel.
Hy het dieselfde funksies namens Coastal
behartig omdat Simonsig,
Coastal en die Malans se ander
belange vervleg was. Van der
Westhuizen het die eisers
vanaf 1984 tot 1988 besteel: byna R2 m van
Simonsig en die
toegekende R967 185,59 van Coastal. Sy bedrog is op 31 Mei
1988 ontdek. Die eisers se saak is dat indien Theron van
4 der Poel hul kontraktuele professionele verpligtinge
teenoor hulle nagekom het, sou dle onreëlmatighede
gedurende middel 1986 geblyk het en dat alle skade wat
na
daardie datum gely is, voor die deur van Theron van der
Poel gelê kan word.
Aan die begin van 1984 het Simonsig aansienlike
laste gehad, was die plaaslike rentekoerse besonder hoog
(ongeveer 20%), was die buitelandse rentekoerse in
verhouding
laag (ongeveer 11%) en was die rand 'n relatief
stabiele geldeenheid. Simonsig het toe onder leiding
van
Pieter en Van der Westhuizen 'n dollarlening van VSA s
2
m aangegaan om daarmee Simonsig se skulde te
konsolideer.
Dit was 'n onwyse besluit en Simonsig het
algaande
wesenlike verliese op hierdie valutalening begin ly.
Van
der Westhuizen het dit uitgebuit en van sy diefstalle
het
hy as so 'n verlies verbloem. Hy het egter ook op
ander
wyses geld gesteel deur bv tjeks aan sy eie
beslote
korporasie uit te maak en voor te gee dat dit betaling
aan
'n kontrakteur is. Aangesien die diefstaltjeks byna almal
5 weg is, is dit nie moontlik om presies vas te stel wat
sy werkswyse was nie. Vir hierdie uitspraak maak dit ook
nie saak nie.
Die eisers se eis is noodwendig op kontrakbreuk
gebaseer en in hierdie verband het hulle op drie ooreenkomste gesteun wat na
bewering
verbreek is. Na die ooreenkomste is verwys as die oorkoepelende opdrag,
die Junius-opdrag en die "checks and balances"-opdrag wat
hierna in daardie
volgorde behandel word. Howie R het in die eisers se guns op grond van die
Junius-opdrag beslis en dit onnodig
geag om bevindings t a v die ander twee
gronde te maak. In hierdie hof het die eisers met aldrie gedingsoorsake volhard.
DIE OORKOEPELENDE OPDRAG
Die eisers het as hulle
hoof-skuldoorsaak op die algemene ooreenkoms om professionele rekenkundige
dienste te lewer, staatgemaak en
beweer dat Theron van der Poel die
voortspruitende verpligtinge verbreek het toe hulle nie Van der Westhuizen se
bedrog in die gewone
loop van sake
6 gedurende Augustus 1986 tydens
die voorbereiding van die
31 Maart 1986- jaarstate opgespoor het nie.
Dit is gemeensaak dat daar 'n kontraktuele
professionele verhouding tussen die partye bestaan het.
Die
inhoud daarvan is egter in geskil. Tans nog ter sake
is die volgende
terme waarop die eisers hulle in die
besonderhede van vordering
beroep het:
"7.1 Die eerste eiser het die verweerder aangestel as sy ouditeur, rekenmeester en finansiele adviseur, en die drie vennote van die eerste eiser het die verweerder se aanstelling as ouditeur, rekenmeester en finansiële adviseur van die maatskappye [insluitend Coastal] vermeld in paragraaf 4.2 hierbo bekragtig. 7.2 Die verweerder se verpligtinge met betrekking tot die eerste eiser en elk van die gemelde maatskappye ("die kliënte") het die volgende ingesluit:
7
7.2.3 Die verweerder was verplig om aan die
einde van elke boekjaar die rekenkundige boeke van die kliënte te oudit.
7.2.4 Die verweerder was verplig om aan die
einde van elke
boekjaar finansiële
state op te stel...; die scace
moes
'n ware en getroue weergawe van die
eerste eiser en
die voormelde
maacskappye se finansiële toestand
en
van die resultate van hulle
bedrywighede
weergee.
7.5 Die verweerder sou nie nalatig optree in die uitvoering van sy mandaat nie.
7.7 Die verweerder sou sy verpligtinge mct nougesetheid en ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk en algemeen aanvaarde
8
ouditstandaarde
uitvoer en in ooreenstemming met
die relevante bepalings van die Wet op Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs, 1951, die Maatskappyewet, 1973, en ooreenkomstig professionele riglyne neergelê in verklarings oor rekenkundige standaarde en ouditstandaarde soos van tyd tot tyd gepubliseer deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters."
Wat Coastal betref, het Theron van der Poel 'n verpligting om 'n statutêre oudit te verrig, gehad. Maar Coastal se eis op grond van die verbreking van hierdie verpligting kon van meet af nie slaag nie omdat dit nie bewys kon word dat Theron van der Poel enige kontrakbreuk teenoor Coastal gepleeg het nie. Die diefstal van Coastal se geld het vanaf Mei 1987 plaasgevind en die ouditering vir die betrokke finansiële jaar het eers nadat die bedrog in Mei 1988 blootgelê is, plaasgevind. Dit is nie voorgehou dat 'n oudit vroeër gedoen moes word nie.
9 Ten opsigte van Simonsig kan aanvaar word dat
as Theron van der Poel 'n ouditverpligting gehad het,
en
hulle dit sou nagekom het, hulle die bedrog tydens die opstel van
die Maart 1986-state sou vasgestel het. Vervolgens word die vraag
oorweeg of
daar so 'n verpligting bestaan het. Malan se getuienis was in hierdie verband
noodsaaklik vir die sukses van die eis.
Sy weergawe was dat toe hy nog in eie
naam geboer het, Theron van der Poel sy boeke geoudit het en dat toe Simonsig
gestig is, hulle
die verpligting op hulle geneem het om dieselfde diens aan
Simonsig te lewer as wat voorheen aan hom gelewer was. Malan se veronderstelling
dat Theron van der Poel sy boeke geoudit het, was egter verkeerd. Nie alleen is
dit hoegenaamd nie gebruiklik dat die boeke van 'n
individu geoudit word nie,
maar blyk dit ook uit Malan se inkomste-en balansstate dat geen ouditmening
uitgespreek is nie en dat
hulle op die gebruiklike wyse gekwalifiseer is met die
stelling dat hulle "deur ons opgestel [is] van die boeke en inligting verskaf
deur Meneer F J Malan."
10 Dit was deel van die eisers se saak dat Theron
van der Poel uitdruklik onderneem het om 'n oudit vir
Simonsig te doen. Die beginpunt hiervan is dat die
vennootskapsooreenkoms 'n bepaling bevat het dat die
vennootskapsboeke geoudit moes word. Omdat Van der Vyver
bewus was van die bepaling, is veronderstel dat hy homself
daaraan gebonde geag het. Die probleem is egter dat Van
der
Vyver getuig het dat hy 'n aanbeveling aan Simonsig by
name van Malan en Pieter gemaak het dat die boeke nie
geoudit moes word nie en dat hulle toe sy aanbeveling
aanvaar
het. Malan het dit betwis en Pieter het nie getuig
nie. Het die eisers op 'n oorwig van
waarskynlikhede
aangetoon dat Van der Vyver nie die waarheid praat
nie? M
i nie vanweë die redes wat volg. Die heel eerste state
van
Simonsig (vir die jaar eindigende op 31 Maart 1983)
wat
deur Theron van der Poel opgestel is, is deur hulle,
net
bokant die handtekening van die drie vennote,
gekwalifiseer
met die stelling dat hulle "sonder oudit of
verifikasie
[opgestel is] , van die inligting deur mnr P J Malan
11 verskaf." 'n Soortgelyke (hoewel minder elegant bewoorde)
verduideliking het op die 1984 staat verskyn. Bosman heb
toe hy by Van der Vyver die verantwoordelikheid vir
Simonsig
se state oorgeneem het, tydens die nagaan van die
lêer bewus geword van die oudit-bepaling in
die
vennootskapsooreenkoms. Hy het met Van der Vyver
daaroor
gepraat en dié het hom van die mondelinge
reëling vertel.
Hy het toe voortgegaan om die state soos
voorheen te
kwalifiseer en sy begeleidende briewe in 1985, 1986 en
1987
het die volgende uitgespel:
"Trimalan (Eiendoms) Beperk (en filiale) en Coastal
Wines (Ziendoms) Beperk is volgens die statutêre
vereistes deur ons geoudit. Alhoewel u
vennootskapsooreenkoms bepaal dat Simonsig ook
jaarliks geoudit moet word, doen ons nie 'n
volwaardige oudit volgens algemene aanvaarde
oudicstandaacde nie, aangesien die vennootskap nie 'n
statutêre oudit benodig nie. Die vernaamste
beperkings op ons ondersoek is die volgende:
12
1. Ons het geen breedvoerige ondersoek gedoen na
die geldigheid, korrektheid en volledigheid van tjekbetalings,aankoopfakture,kontantontvangste en verkope nie. Ons aanvaar dat u self op 'n deurlopende grondslag beheer uitoefen om te verseker dat alle verkope ke boek gestel word, alle voorraad verantwoord word en dat daar slegs vir geldige uitgawes betaal word.
2. Ons het nie die fisiese bestaan van vaste bates
(keldertoerusting, voertuie ens) of hul waarde nagegaan nie.
Die eisers het die state in daardie
vorm aanvaar. Die enigste beskikbare objektiewe maatstaf - die kontrakspartye se
gedrag - staaf
dus nie die eisers se weergawe nie.
Namens eisers is
verder betoog dat Malan sou getuig het dat daar 'n stilswyende bepaling van
die
1 3 ooreenkoms tussen die partye was dat die syfers in die
state korrek sou wees, m a w dat daar 'n sg
syferbetroubaarheid sou bestaan. Ek is van oordeel dat
Malan
se getuienis in hierdie verband verkeerd aangeslaan
is. Al wat hy gesê het in die passasie waarop die eisers
staatmaak, is dat "(h)ulle moes ook dan nou ons sal maar
sê "check" dat alles reg is in die state." Om hieruit af
te lei dat Theron van der Poel vir syferbetroubaarheid
ingestaan het, is m i vergesog. 'n Stilswyende bepaling
word
uit die omstandighede afgelei en Malan het geen feite
voorgehou
waaruit hy sy afleiding gemaak het nie. Die
getuienis weerspieel
moontlik Malan se verwagting, maar
verwagtinge skep nie kontrakte
nie. Daarby,
syferbetroubaarheid is nie iets waarvoor 'n ouditeur
wat
moet oudit normaalweg instaan nie. Dic impliseer ook
iets
veel meer as 'n ouditpiig. Namens eisers is betoog
dat
dit iets minder is - hoeveel minder is hoegenaamd
nie
duidelik nie. Indien 'n party wil aanvoer dat 'n
ooreenkoms nie die gebruiklike stilswyende bepalings het
14 nie, moet hy feite wat 'n gemeenskaplike bedoeling aantoon,
bewys. Vir daardie doeleinde is op Theron du Toit se
werkswyse staatgemaak: hulle het naamlik sekere tipiese
oudittoetse verrig. Hierdie getuienis help die eisers
nie. Die feit dat beperkte oudittoetse vir
balansstaat-
doeleindes gedoen is, regverdig nie die afleiding dat
die
kontrak geverg het dat al die syfers juis is nie. Sulke
toetse is algemeen in die professie ten einde die
rekenmeester tevrede te stel dat die state 'n basis het en
in die woorde van die eisers se deskundige getuie,
mnr
Wainer('n geoktrooieerde rekenmeester), dat hulle nie
"any
obvious errors or anomalies" bevat nie (my
onderstreping).
Die geoktrooieerde rekenmeester moet, waar daar nie
'n
ouditplig is nie, 'n diskresie hê om te besluit
watter
balansstaattoetse hy nodig ag om state wat onder
sy
handtekening die wêrcld ingaan, sin te gee. Maar selfs
al
word veronderstel dat Theron van der Poel
'n
syferbetroubaarheidsplig teenoor Malan gehad het in die
dae
toe hulle al sy boeke opgeskryf het, het die plig nie
15 staties gebly nie veral sedert Malan in die laat sewentiger
jare al hoe meer van inberne boekhouers gebruik gemaak
het.
Wat Simonsig self betref, is die aangehaalde briewe
van
Bosman, waarmee die vennote genoee geneem het, ook nie
versoenbaar met 'n gemeenskaplike bedoeling om in te
staan
vir die betroubaarheid van die syfers wat in die
state
voorkom nie.
Gevolglik is ek van oordeel dab Simonsig nie
bewys het dat Theron van der Poel 'n oudit- of
'n
syferbetroubaarheidsplig gehad het nie maar dat hulle
slegs
verplig was om ooreenkomsbig algemeen
aanvaarde
rekeningkundige praktyk en ooreenkomstig
professionele
riglyne dié werk t a v die finansiële state te verrig
wab
normaalweg vir individue of vennootskappe gedoen
word;
anders gestel, die opdrag was 'n opstelopdrag. Vir so
'n
opdrag geld volgens die getuienis (in algemene terme)
die
volgende uitbreksels uit die riglyne wat deur
die
Internabional Auditing Pracbices Committee van die
International Federation of Accounbants in Oktober 1990
16
uitgereik is:
"In a compilation engagement, the auditor is engaged
to use his accounting expertise as opposed to his
auditing expertise to collect, classify and summarize
financial information. This usually entails reducing
detailed data to a manageable and understandable form
without a requirement to test the assertions
underlying that information. The procedures employed
are not designed and are not sufficient to enable the
auditor to express any assurance on the financial
information. However, users of the compiled
financial information may derive some assurance as a
result of the auditor's involvement because the
service has been performed with due professional
skill and care."
"A compilation engagement would normally include the
preparation of financial statements (which may or may
not be a complete set of financial statements) but
may also include the collection, classification and
17 summarization of other financial information."
"An engagement to compile financial information
should be performed and the report prepared with due
professional care by persons who have adequate
training, experience and competence in accounting.
When work
is delegated to assistants, the accountant
should carefully direct, supervise and review
their
work."
"Compilation Procedures
9. The accountant should obtain a general knowledge of the business and operations of the client and should be familiar with the accounting principles and practices of the industry in which the client operates and with the form and content of the financial information that is appropriate in the circumstances.
10. To compile financial information, the accountant should possess a general understanding of the nature of the entity's business transactions,
18 the form of its accounting records, and the
accounting basis on which the financial
information is to be presented. The accountant
ordinarily obtains knowledge of these matters
through experience wiLh the client or inguiry of
the client's personnel.
11. Other than those procedures described in
paragraphs 9-10 and 14, the accountant is
normally not reguired:
to make any
inguiries of management or the
owners to assess the reliability of
the
information provided;
to assess internal controls;
to verify any matters; or
to verify any explanations. However, if the accountant becomes aware that information supplied by management is incorrect, incomplete, or otherwise unsatisfactory, the accountant should consider the above procedures
19 and request management to provide additional
information. If management refuses to provide
additional information, the accountant should
withdraw from the compilation engagement,
informing bhe client of the reasons for his
withdrawal.
12. The accounbant should read the compiled
information and consider whether it appears to
be appropriate in form and free from obvious
material misstabements. In this sense,
misstabement includes:
mistakes in the application of the basis of
accounting;
nondisclosure of the basis of accounting
and any known deparkures therefrom; and
nondisclosure of any other significant
mabters of which the accountant has become
aware.
Known departures from the disclosed basis of
20 accounting should be disclosed in notes to the
financial statement though their effect need not
be quantified."
Aan die hand hiervan
moet die vraag of Theron van der Poel tydens die verrigting van hierdie mandaat
nalatig was, beoordeel word.
Hierdie ondersoek hou verband met die verliese wat
op die buitelandse lening gely is.
Die balansstaat van Simonsig van
31 Maart 1985 toon 'n buitelandse lening van R3 551 000 en die inkomstestaat 'n
wisselkoersverlies
van R938 000. (Hierdie asook die syfers hiena gemeld, is
afgerond.) Hiervan was R46 000 nie 'n wisselkoersverlies nie maar geld wat
Van
der Westhuizen gesteel het en aan hierdie pos toegedeel het. Die staat van 31
Maart 1986 wys die stand van die buitelandse lening
as R2 725 000 en die
wisselkoersverlies vir daardie jaar as Rl 713 000. Die ware verlies was egter R1
330 000 wat beteken dat Van
der Westhuizen die gesteelde R383 000 onder
dié item verbloem het. In die 31 Maart 1987 state is die lening Rl 340
000 en
die verlies
21 Rl 114 000 waarvan slegs R546 000 'n ware verlies was.
Wainer het hierdie aspek namens die eisers behandel en homself die vraag
gevra of 'n redelike geoktrooieerde rekenmeester met 'n opstelopdrag
'n probleem
sou bespeur het. Hy het die mening uitgespreek dat so 'n rekenmeester die 1986-
en 1987-syfers (maar nie dié van
1985 nie) vir wisselkoersverliese se
betroubaarheid sou bevraagteken het, ondersoek sou ingestel het en die bedrog
vasgestel het.
Alvorens die redes vir sy opinie behandel word, moet verdere
agtergrond verskaf word.
Dit was Van der Westhuizen se werk om
Simonsig se boekhouding tot en met die posboekstadium te behartig. Die posboek
is aan Theron
van der Poel verskaf en die klerklike personeel het die inligting
in 'n rekenaar ingepons. Kwartaalliks het die rekenaar outomaties
'n staat
voorberei en die state is deur die vennote tydens hulle bestuursvergaderings
oorweeg. Die staat vir die vierde kwartaal
het die finansiële jaar se
resultate gereflekteer. Pieter en Van der Westhuizen het die
22
buitelandse lening gemoniteer en besprekings met die bank
daaroor gevoer. Die leningsposisie het op 'n gereelde basis tydens
bestuursvergadering te berde gekom. Die verliese daarop was die
grootste enkele
item op die uitgawestaat.
Die wisselkoersverlies wat inderdaad gely
is, is deur meerdere faktore veroorsaak en het onder meerdere hoofde geval.
(Simonsig het
ook nie net verliese gely nie maar somtyds winste gemaak.) Ten
eerste kon enige beweging van die rand teen die dollar, hetsy op of
af, tot 'n
verlies ly. Die lening is driemaandeliks gerol en hierdie tipe verlies is dan
veroorsaak. (Soms is 'n wins in die proses
gemaak.) Daarbenewens het Simonsig in
vooruitdekkings gespekuleer - weereens met of sonder sukses. Verder is dekking
in 'n derde
geldeenheid geneem en dit het die risiko by tye verdubbel. Ten
slotte is op onwettige wyse valuta kort verkoop. Hieruit volg dit
dat daar geen
verband tussen die omvang van die verliese en die grootte van die lening hoef te
gewees het nie. So ook nie
23
met die feit dat die rand van jaareinde tot
jaareinde
reiatief stabiel was of selfs gestyg het nie. Om te
illustreer: tydens die 1987-boekjaar is slegs een dekkingstransaksie gedoen en
het die rand van jaar-einde tot jaar-einde gestyg. Nogtans is op 'n lening van
Rl,3 m 'n daadwerklike verlies van R546 000 gely.
In 1986 het die rand met 13%
gedaal. As mens aan die hand daarvan alleen 'n beraming moes doen van die
verwagte valutaverlies, sou
dit R460 000 wees terwyl die egte verlies driemaal
die verwagte bedrag was - R1 330 000.
Om dan na Wainer se redes te
keer. Dit blyk uit para 4.37 van sy deskundige opsomming (wat hy as juis
bevestig het) dat sy mening
oor die opvallend suspisieuse aard van die aangegewe
1986 wisselkoersverlies wesenlik beïnvloed is deur die feit dat - soos
hy
geglo het - Theron van der Poel gedurende Junie 1986 meegedeel is dat diefstal
vermoed word. Ek sal later aantoon dat daardie
aanname verkeerd was. Die tweede
rede wat hy gegee het, was dat die aangeduide verlies nie in verhouding met die
13%
24 verswakking van die rand oor daardie jaar verband gehou het
nie. Daar is reeds daarop gewys dat die vergelyking wat
hy getref het, ondeugdelik was. Ten slotte het hy hom op
die
"sheer magnitude of the item" beroep. Hierdie stuk
getuienis is m i
nie aanvaarbaar nie. Nie alleen het die
eisers se ander deskundige
(van wie se bestaan tydens
betoog vergeet is), nie saamgestem nie
maar het dit geblyk
dat Mainer se opinie 'n oningeligte een was. Hy
het nie
geweet dat Simonsig valuta kort verkoop het nie of hoe
die
verlies saamgestel is nie. Hy was ook in 'n mate
onkundig
oor die meganismes betrokke omdat hy nie besef het
dat
dekking in 'n derde geldeenheid die risiko kon
verdubbel
nie. Hoewel sy volharding in sy onverdedigbare
standpunt
nie bygedra het om die beeld van 'n onbevange
deskundige
te skep nie, dien dit tog tot sy eer dat hy die
volgende
vraag bevestigend beantwoord het:
"Your surprise, Mr Wainer, is just a function of your ignorance of what they, of how they actually traded and how they suffered that loss, isn't that so?"
25 Wat Wainer se mening verder ondergrawe, is die feit dat
Pieter, wat in beheer van die valutatransaksies was, die
valutaposisie gemoniteer het en op hoogte van die finansies
van Simonsig was, nooit die grootte van die verlies
bevraagteken het nie. Dit verbaas nie dat Pieter, as een
van die eisers, nie getuig het nie. Van verdere belang is
dat
Pieter op gereelde grondslag die omvang van die verlies
met die bank
bespreek het en dat selfs tydens daardie
besoeke geen gevaartekens
bemerk is nie.
Wainer het aanvullende redes vir sy mening dat
Theron van der Poel die wisselkoersverlies moes
bevraagteken
het, gegee. Die eerste gaan oor navrae wat
die Ontvanger van
Inkomste daaroor gerig het. So 'n
navraag, sê hy, sou die
redelike rekenmeester op sy hoede
geplaas het. Die eerste navraag
het oor die 1985-jaar
gegaan - 'n jaar waartydens volgens hom Theron
van der Poel
die aangegewe verliessyfer kon aanvaar het. Die
navraag
oor die 1986-jaar was 25 Februarie 1937 gedateer. Dit
is
aan Theron van der Poel gepos wat dit aan Simonsig gestuur
26
het. Van der Westhuizen het die Ontvanger op 12 Mei
1987
direk sonder die tussenkoms van Theron van der Poel geantwoord.
Die Ontvanger het hom daarby berus. Waarom, in die lig daarvan, hulle
hulself
moes verknies oor die navraag, verstaan ek nie. Ten besluite het hy die verliese
wat 'n sindikaat waarvan Simonsig lid was,
gely het en wat Theron van der Poel
onder oë gehad het, vergelyk met Simonsig s'n. Die sindikaat het,
persentasiegewys, aansienlik
kleiner verliese gely as Simonsig. Aangesien daar
egter nie getuienis is oor hoe die sindikaat sy lening bestuur het nie, help die
vergelyking nie veel nie. Dit was ook algemene kennis dat nie alleen van
Stellenbosch se boere nie maar ook ander groot maatskappye
gedurende daardie
jare enorme verliese op buitelandse ienings gely het.
Oor die
1987-boekjaar het Wainer niks by sy mening gevoeg nie en verdien dit nie aparte
oorweging nie. Daar moet net daarop gewys
word dat Theron van der Poel se
onafhanklike deskundige getuie, Mnr Hultzer, Wainer se
27 opinie weerspreek het. So ook vennote van Theron van der
Poel. Dit is nie nodig om hulle getuienis te ontleed nie
omdat Wainer se mening, wat alleen staan, selfs sonder
teenspraak, geen vaste fondament het nie. Die eisers se
beroep op die oorkoepelende opdrag kan dus nie slaag nie.
DIE JUNIUS-OPDRAG
Op 9 Junie 1986 het Malan vir Van der Vyver 'n
opdrag gegee om, vaagweg gestel, 'n ondersoek na Simonsig
se oortrokke bankrekening in te stel. Van der Vyver het
die
opdrag aan Junius gedelegeer en hy het op 10 Junie
bankstate van
Simonsig onder oë geneem, 'n rapport aan die
Malans gemaak oor
wat hy gevind het en 'n soortgelyke
verslag aan Van der Vyver
gelewer. As Junius tydens
hierdie ondersoek Simonsig se kasboek vir
April en Mei 1986
ook nagegaan het, sou hy waarskynlik op wat as
vreemde
inskrywings bestempcl kan word, afgekom het. As hy hulle
sou
nagespeur het, sou hy spore van Van der Westhuizen se
bedrog gevind
het. Dit is dan aan die hand van hierdie
opdrag en sy verbreking dat
Howie R die eisers gelyk gegee
28 het. Die kern van die geskil tussen die partye rondom die
Junius-opdrag handel oor die terme van die opdrag en oor
wat
'n redelike geoktrooieerde rekenmeester na aanleiding
daarvan sou
gedoen het.
Hoewel beide pleitbesorgers se weergawes
wysigings ondergaan het en sonder om 'n
letterknegtige
benadering voor te staan, is die uiteensettings
soos
gepleit 'n gepaste beginpunt aangesien die partye
volhard
dat hulle onderskeie sake soos gepleit, bewys is.
Die
besonderhede van vordering lui so:
"10.1 Op 9 Junie 1986 en te Stellenbosch het die
eisers (verteenwoordig deur Mnr. FJ
MALAN
SNR) verder mondeling aan die verweerder
(verteenwoordig deur mnr VAN DER VYVER)
opdrag gegee binne die raamwerk van
die
bestaande ooreenkomste soos voormeld om die
oorsake
vas te stel van 'n buitensporige
verhoging van die eerste eiser en
die
SIMONSIG-GROEP VAN MAATSKAPPYE se
oortrokke
29
lopende bankrekening. Mnr. Malan het
Mnr.
VAN DER VYVER mondeling by hierdie geleentheid versoek om ondersoek te laat doen na 'n moontlike lekkasie wat aanleiding kon gee tot die verhoging.
10.2 Die Verweecder (verteenwoordig deur die genoemde VAN DER VYVER) het die opdrag aanvaar. 10.3 Dieselfde opdrag is op 9 Junie 1986 te De Hoop, Koelenhof deur mnr F J Malan (Jnr) namens die eisers aan Mnr G Junius namens die verweerder gegee, wat die opdrag stilswyend namens die verweerder aanvaar het. 10.4 Op 10 Junie 1986 te De Hoop het Mnr JUNIUS aan die eisers voorgehou dat dit uitgevoer is."
Die "raamwerk van die bestaande
ooreenkomste" waarna verwys is, is 'n verwysing na die sg
oorkoepelende
30 opdrag. In nadere besonderhede is gesê dat
die
"buitensporige verhoging" ongeveer R600 000 was en dat
dit
gedurende die periode van ongeveer 6 maande wat 9 Junie
1986 voorafgegaan het, plaasgevind het. Die pleit in
antwoord
is dit:
"AD PARAGRAAF 10
14.1 Die verweerders erken dat, in 'n gesprek op 9
Junie 1986 tussen mnr Malan snr en mnr Van der
Vyver wat namens die firma opgetree het,
14.1.1 mnr Malan snr gevra het dat die firma iemand uitstuur om te help vasstel waarom die oortrokke saldo op die eerste eiser se lopende bankrekening skielik met sowat R600 000,00 toegeneem het en 14.1.2 mnr Van der Vyver onderneem het om dit te doen.
14.2 Op 10 Junie 1986, is die oorsaak van die gemelde
verhoging deur mnr Junlus namens die firma
31 ondersoek en tot eerste eiser en mnr Malan snr
se bevrediging vasgestel.
14.3 Behoudens die voorgaande ontken die verweerders
elke bewering in hierdie paragraaf." Hieruit, en uit die getuienis, blyk dat dit gemeensaak is dat daar 'n opdrag van Malan aan Van der Vyver was; dat dit 'n ondersoek na Simonsig se oortrokke rekening se saldo geverg het; en dat die styging in die negatiewe saldo ongeveer R600 000 bedra het. Wat in geskil is, is of:
1. die styging "skielik" was of oor 'n periode van ongeveer 6 maande plaasgevind het; 2. die moontlikheid van 'n lekkasie ondersoek moes word; 3. Francois 'n soortgelyke opdrag aan Junius gegee het.
Die verhoorhof het bevind dat, op die waarskynlikhede, Malan nie rede gehad het om die verhoging as "skielik" te beskryf nie, dat Van der Vyver gedwaal het
32 deur te glo dat die styging onlangs was en dat Malan se
opdrag was om "'n buitensporige verhoging van R600 000 te
ondersoek." Die uitspraak swyg oor die vraag of die
styging oor 'n tydperk van ongeveer 6 maande ondersoek
moes
word, maar dit kom voor asof so 'n bevinding by
implikasie
gemaak is omdat dit Junius verkwalik is dat hy nie
die
kasboek tot Januarie 1986 nagegaan het nie. Malan
se
getuienis dat die moontlikheid van 'n lekkasie
ondersoek
moes word, was (volgens die uitspraak) 'n eerlike
maar
foutiewe rekonstruksie. Francois se getuienis oor
sý
opdrag aan Junius (is bevind) was waarskynlik 'n
verdigsel.
Die milieu waarteen Malan die opdrag aan Van der
Vyver gegee het, was die volgende. Sowel Pieter as Van
der
Westhuizen was oorsee met vakansie. Op 9 Junie
het
Simonsig se bankbestuurder, mnr Perold, 'n gesprek
met
Malan oor die stand van Simonsig se verpligtinge
teenoor
die bank gehad. Dit het Malan genoop om Van der Vyver
om
bystand te vra. Aangesien Perold nie getuig het nie
en
aangesien Malan se weergawe oor wat Perold hom vertel
het
33 nie altyd klop nie, is dit nodig om aan die hand van die
objektiewe feite te probeer vasstel oor watter styging van
R600 000 Perold hom bekla het.
Simonsig het 'n totale
bankfasiliteit van R6,6m gehad. Die fasiliteit is deur Simonsig, Coastal en
Trimalan (Edms) Bpk gedeel. Die
fasiliteit het verskeie komponente gehad, o a
die buitelandse valuta-rekening, bankaksepte en oortrokke rekenings. Op 15 Mei
1986
is die perk van R6,6m vir die eerste maal oorskry en wel met R38 616. Op 30
Mei was die oorskryding ongeveer R300 000 en op 5 Junie
R577 677. Lg feit is
deur die bank op 6 Junie ('n Vrydag) geboekstaaf en op die daaropvolgende
Maandag het die gesprek dan tussen
Perold en Malan plaasgevind. Hieruit blyk dit
dus dat die totale skuld van Simonsig aan die bank in die bestek van 3 weke met
ongeveer
R600 000 gestyg het.
Wat die oortrokke rekening van
Simonsig betref, was dié in debiet ten bedrae van R322 000 aan die begin
van Januarie 1986 en
gedurende daardie maand het dit tussen
34 -R259 000 en -R417 000 gefluktueer. Op 6 Februarie en
toe die bedrag -R418 000 was, is 'n bankaksep van R581
000
uitgeneem wat die lopende rekening in krediet gestel
het.
Daarvandaan het die debiete weer die oorhand gekry en
was
die stand van die rekening op 31 Maart - R317 000, op
30
April - R443 000, op 30 Mei - R353 000 en op 6 Junie
-
R465 000. Op lg tydstip was die groep se
oortrokke
lopende rekenings - R762 000.
Sowat 'n maand later, op 9 Julie 1986, het Perold
'n brief met hierdie inhoud geskryf:
"Dit was vir ons 'n groot skok en teleurstelling om
te sien hoe u finansiële posisie verder verswak het
in die laaste ses maande.
Soos u weet het ons na samesprekings, en met in-
agneming van die kontantvloei state, oortrokke
fasiliteite van R6.6 m aan u beskikbaar gastel. Die
balans staan nou op R7 359 238.
Ons moet u nou in kennis stel dat ons nie verdere
verhogings kan toelaat nie en dat daar voorsiening
35 gemaak moet word voordat enige verdere tjeks
uitgeskryf kan word."
Soos Howie R in hierdie
verband gesê het, is daar grondige redes om af te lei dat die inhoud van
hierdie brief sou gestrook
het met wat Perold 'n maand vantevore aan Malan
gesê het.
Teen hierdie agtergrond moes Junius na 'n styging
van R600 000 soek. Malan het aan Van der Vyver gesê dit was op die
oortrokke
rekening van Simonsig te vinde en hy het selfs getuig dat Perold dit
aan hom op die bankstate uitgewys het. 'n Styging van ongeveer
R600 000 oor 'n
tydperk van ongeveer 6 maande of sinds Januarie egter is nie op die bankstate te
vind nie. Perold het ook nie 'n
belang in die oortrokke lopende rekening as 'n
afsonderlike eenheid gehad nie. Sy bekommernis was die bank se totale
blootsteliing
en die oorskryding van die totale fasiliteit. Malan het blykbaar
egter nie besef hoe Simonsig se fasiliteite daar uitgesien het nie.
In sy
getuienis het
36 hy by tye getuig dat Perold dit slegs oor die
lopende
rekening gehad het en dan weer dat Perold begaan was oor
die
totale fasiliteit. Wat Malan egter aan Van der Vyver
oorgedra het,
was dat dit om die lopende rekening gaan.
Maar hoewel die
Simonsig-groep se totale bankskuld
gedurende die periode 15 Mei tot
9 Junie met ongeveer
R600 000 toegeneem het, het die oortrokke
rekening in
hierdie tydperk geen noemenswaardige beweging
of
verswakking getoon nie.
Hierteen gesien, is ek van oordeel dat Malan wel
rede gehad het om die styging as "skielik" te
beskryf.
Hierdie gevolgtrekking word ook deur ander feite
gestaaf.
Junius het geweet dat Simonsig kwartaalstate laat
opstel
en dat dié kort na die einde van elke kwartaal
indringend
tydens 'n bestuursvergadering bespreek word. Die
finansiële
posisie van die groep soos teen einde Maart (wat
terloops
ook die finansiele jaareinde was) sou dan gedurende
April
bespreek gewees het. As daar fout vóór April
was, sou dit
waarskynlik toe reeds opgeval het. Dis gemeensaak
dat
37 nadat Junius die bankstate nagegaan het, hy aan Malan
gerapporteer het dat hy geen werklike styging van R600 000
kon vind nie. Hy het slegs 'n skynstyging op 15 April
geïdentifiseer toe op een dag die rekening met R711 000
gedebiteer en met R844 000 gekrediteer is. Die twee
inskrywings het op verskillende bankstate voorgekom. Dit
het
hy ook aan Malan uitgewys. Malan het nie op 'n wyse
wat met sy eie
weergawe versoenbaar is, gereageer nie. Hy
het nie vir Junius gesê dat sy bevinding bots met
wat
Perold aan hom uitgewys het nie; ook nie dat dit nie
is
wat gesoek word nie; dan het hy ook nie met Perold
in
verbinding getree en hom meegedeel dat hy
(Perold)
gefouteer het nie. Maar meer nog, na ontvangs van
Perold
se aangehaalde brief van 9 Julie het hy nóg jeens
Perold
nóg teenoor Theron van der Poel die klaarblyklik
verspotte
(uit sy oogpunt) anzwoord van Junius opgediep - hy
het
eenvoudig niks gedoen nie, Malan se weergawe van
die
opdrag het letterlik 'n kontantvloei-analise geverg en
hy
moes dit geweet het en nogtans het hy Junius se versuim
om
38 so iets te doen, geiate aanvaar.
Die rede vir die skielike verswakking in Simonsig se algemene bankposisie
vanaf 15 Mei was nie aan Van der Westhuizen toe te skryf
nie. Hy het weiiswaar
op 14 Mei R72 000 gesteel. Wat toe gebeur het, is dat die buitelandse
ieningsverpligting drasties verswak het
vanaf R2 780 000 tot R3 285 000, m a w
met R505 000. (Die groep se oortrokke fasiiiteite het maar met R35 000 op 'n
dag-tot-dag basis
vanaf 15 Mei tot 6 Junie toegeneem.) Dit is m i dus duidelik
dat as Maian vir Pieter of Van der Westhuizen sou gevra het waaraan
Simonsig se
verslegtende finansies toe te skryf is, die buitelandse lening as klaarbiykiike
antwoord voorgehou sou gewees het. Dit
verduidelik waarom, uit Malan en Simonsig
se oogpunt, die saak doodgeioop het.
Namens die eisers is tydens
betoog voor ons vir die eerste maal voorgehou dat die skyging van R600 000
waarna Perold en Malan verwys
het, oor die periode 6 Februarie tot 9 Junie
piaasgevind het. Op 6 Februarie,
39 soos gesê, het die staat so daar uitgesien
Openingsaldo -418 000
Bankaksep +581 000
Sluitingsaldo +163 000
Word dit by die debietsaldo
op 9 Junie getel, kry mens 'n
R600 000-verslegting in die oortrokke
rekening se posisie.
Hoewel die betoog op die oog af aantrekiik is,
is die
probleem dat Maian dit nooit getuig het nie. Sy
weergawe
was 6 en nie 4 maande nie. Daar is ook geen
rede
gesuggereer waarom Perold 6 Februarie as begindatum
sou
gekies het nie. (Daar is 'n aanduiding dat die 6
maande
wat in die brief van 9 Julie gemeld is, verwys na
die
tydperk van Perold se bestuur van die betrokke tak van
die
bank.)
Op 27 Junie 1988 het 'n vergadering tussen die
Malans en Theron van der Poel plaasgevind waartydens
die
Malans vir Theron van der Poel skuld vir die verlies
gegee
het en lg hulleself verdedig het. Die woord "skielik"
het
'n groot rol tydens die debat gespeel, maar presies wie
wat
40 gesê het, is in geskil. Francois het 'n
onverstaanbare
nota na aanleiding van die vergadering opgestel. Dis
egter
nie nodig om hieroor uit te wei nie want niks wat uit
die
nota blyk, bied aan die eisers enige stawing vir
hulle
weergawe nie; en Francois se getuienis daaroor het
nie
vertroue in sy geloofwaardigheid geskep nie.
Vervolgens moet die lekkasie-opdrag (die tweede
vraag in geskil) oorweeg word. Malan se getuienis was dat
hy
na sy gesprek met Perold vir Van der Westhuizen van
bedrog of
diefstal verdink het, dat hy dit aan Van der
Vyver vermeld het en
toe aan hom opgedra het om hierdie
moontlikheid te ondersoek.
Volgens hom het Junius dan ook
berig dat daar nie alleen nie die
beweerde styging van
R600 000 was nie, maar dat geen
onreëlmatighede gepleeg is
nie. Howie R het in hierdie verband
die volgende gesê:
"Met betrekking tot die vraag of hy [Malan]
bctroubaar is waar hy beweer dat hy Van der Vyver
meegedeel het dat lg 'n moontlike lekkasie moes
ondersoek, moet 'n mens die inherente waarskynlikhede
41 in ag neem. In die eerste plek was daar voor 9 Junie
1986 geen rede om Van der Westhuizen van oneerlikheid
te verdink nie. Die Malans het 'n goeie indruk van
hom gehad
en verweerder se verskeie begeleidende
briewe het Van der
Wesbhuizen aangeprys. Tweedens,
indien die Malans, veral Malan self, wat 'n ervare
sakeman
is, wel hierdie vermoede gehad heb, is dit
onwaarskynlik dat hulle
deur Junius se verduideliking
van die skynstyging in die April 1986
bankstate
tevrede gestel sou gewees het en niks verder omtrent
hierdie
vermoede sou gedoen het nie. Derdens, na
ontdekking van die verlies
van miljoene rand was dit
net menslik dat die Malans sou begin
terugdink aan
wat hulle aan Van der Vyver en Junius in 1986
sou
gesê het om sodoende te probeer vasstel of daar
enige
suggestie in die opdrag was dat verduistering
reeds
op daarie stadium 'n moontlikheid was. Die
kwessie
van die beweerde vermoede is wel so ver terug soos
1988 gemeld in Francois se nota en dan deur Malan
42 self in 'n bespreking met Steenkamp later dieselfde
jaar maar in al die omstandighede is dit my
gevolgtrekking dat die beweerde suspisie sy oorsprong
gehad het in 'n proses van rekonstruksie wat na die
ontdekking van die bedrog posgevat het op grond van
wat hulle subjektief gewens het hulle in die opdrag
gesê het. Vandaar is by wyse van voortdurende
rekonstruksie die geloof bereik dat 'n moontlike
lekkasie wel gemeld is. Op die minste gesê is
daardie afleiding net so moontlik as dat Malan
werklik 'n lekkasie gemeld het of, aan die ander
kant, dat hy in hierdie verband doelbewus oneerlik
was. Ek aanvaar dus nie dat die Malans die beweerde
bedrogsuspisie aan Van der Vyver of Junius gemeld het
of dat hulle so 'n vermoede eers gehad het nie."
Daar is nog meerdere redes vir die onwaarskynlikheid van Malan se weergawe. As bedrog op die voorgrond was, staan dit m i vas dat Van der Vyver anders sou reageer het op
43 Malan se opdrag. Toe 'n bewering van bedrog in Mei 1988
gemaak is, het Theron van der Poel met mening ondersoek
ingestel op vennotevlak - en dit voordat enige
aanspreeklikheid aan hulle toegedig is. Verder, mens sou
verwag het dat Malan, nadat Perold se brief in Julie
bevestig
het dat Junius verkeerd was, se suspisie teenoor
Van der Westhuizen
weer sou opgevlam het. Dan nog, op die
vergadering van 27 Junie 1988
toe die Malans vir Theron van
der Poel kom beskuldig het, is - op
die Malans se weergawe
- die bedrogopdrag nie gemeld nie. (Weliswaar het mnr
Wilken,
'n vennoot van Theron van der Poel wat tydens dié
geleentheid
voorgesit het, in 'n beëdigde verkaring in die
loop van 'n
interlokutêre aangeleentheid, gesê dat die
Malans die
bedrogopdrag bygehaal het. Hy het nie tydens
die verhoor getuig nie.
Die ander getuienis voor die hof
was egter dat dit 'n fout was en
dit is nie weerspreek
nie.) Ten laaste, mnr Steenkamp (na wie in die
uittreksel
uit die uitspraak verwys is ) is deur die eisers in
1988
opgedra om 'n verslag oor Theron van der Poel se
44 professionele aanspreeklikheid voor te berei. Die
oorspronklike instruksies het geen woord van die bedrog-
opdrag gerep nie en hoewel dit later aan hom genoem is dat
'n lekkasie vermoed was, is dit nooit vir hom gesê dat die
suspisie aan Theron van der Poel vermeld is nie. Om saam
te vat: die omstandighede gemeld regverdig die afleiding
dat
Howie R die eerbaarheid van Malan te hoog aangeslaan
het. Sy
gevolgtrekking was egter korrek. (By bereiking
van hierdie konklusie
is die betoog namens die eisers dat
Malan wel 'n rede gehad het om
Van der Westhuizen te
verdink omdat hy in staat was om met 'n
salaris van R1500
p m oorsee te reis, in ag geneem. Malan se
getuienis in
hierdie verband het nie oortuig nie. Hy het
waarskynlik
geglo dat Van der Westhuizen in eie reg welgesteld is
want
die feit dat hy gereeld met 'n nuwe ryding by die
werk
opgedaag het en motorresiese geborg het, het hom
blykbaar
nie opgeval of gehinder nie.)
Dit bring my by die derde geskilpunt, nl Francois
se opdrag. Aangesien Francois se getuienis oor sy
45 mededeling aan Junius oor die verdenking van Van der
Westhuizen aan Malan se weergawe gekoppel is - omdat die
verdenking waarvan hy praat nie sy eie was nie maar
aanhom
deur Malan gemeld is - volg dit uit die voorgaande
bevinding dat Francois se dramatiese vertelling van
die
gebeure tussen hom en Junius (die besonderhede is nie
nou
ter sake nie) noodwendig 'n verdigsel was, 'n bevinding
wat
Howie R m i tereg gemaak het.
Die gevolgtrekking waartoe ek dus gekom het, is
dat die eisers nie die sg Junius-opdrag bewys het nie en
dat,
inteendeel, Theron van der Poel se weergawe die meer
waarskynlike
was. Maar Howie R het, aan die hand van die
getuienis van die eisers
se gemelde deskundige getuie,
Wainer, bevind dat Theron van der Poel
op hulle eie saak
in ieder geval nalatig was. In die
veronderstelling dat
hierdie ondersoek gedoen kon word gesien die
stand van die
pleitstukke en Howie R se bevinding dat die weergawe
van
Theron van der Poel onwaarskynlik was, oorweeg ek
Wainer
se getuienis. Die som totaal daarvan in hierdie
samehang
46 was dat indien 'n rekenmeester se aandag op die vlak van
'n oortrokke rekening gevestig word, waarskuwingsligte
begin flikker en dat daar dan 'n plig op hom rus om 'n
ondersoek soortgelyk aan dié wat gedoen sou word as bedrog
vermoed word, in te stel. Die rede vir sy mening is dat
'n kliënt immers kennis dra van wat met sy
bankrekening
aangaan omdat dit die basis van sy besigheid is. Howie
R
het hierdie mening aanvaar omdat hy Theron van der Poel
se weergawe vertolk het as sou die klem nie "op iets
onlangs"
geval het nie maar op 'n verhoging van "R600 000
in een of meer bedrae binne 'n kort tydsbestek" en dié
tydsbestek sou dan tot minstens April terugstrek
aangesien
Junius April se state nagegaan het. In effek het hy
'n
weergawe aan Theron van der Poel toegedig wat nie hulle
eie
was nie maar volgens hom waarskynlik hulle s'n moes
wees.
Wat egter uit die oog verloor is, is dat daar geen
styging
sedert April plaasgevind het nie: Gedurende April was
die
oortrokke rekening by tye hoër as op 9 Junie! 'n
Blote
nagaan van die kasboek sou ook geen lig op die kliënt
se
47 probleem werp nie. Verder, die rede wat Wainer gegee het,
oortuig hoegenaamd nie omdat in hierdie gepostuleerde
geval
Junius waarskynlik sou besef het dat Malan en Francois
nie
kennis gehad het van wat met die rekening aangaan nie. En
toe hy huile daarop gewys het dat daar nie 'n styging
te
vinde was nie, het hulle dit daar gelaat. Laastens,
Wainer
se opinie is in hierdie verband nie op enige
deskundigheid
gebaseer nie en het nie meer getuieniswaarde as 'n
leke-
opinie nie.
Saamgevat is ek dus van oordeel dat die
verhoorhof gefouteer het deur Theron van der
Poel
aanspreeklik te hou op grond van die verbreking van
die
Junius-opdrag.
"CHECKS ANO BALANCES"
Die eisers het beweer dat Malan gedurende 1985 'n
opdrag aan Bosman gegee het om die Simonsiggroep
se
rekenkundige stelsels van interne kontrole te
ondersoek,
te kontroleer en te boekstaaf. Dit sou kommentaar oor
en
aanbevelings met betrekking tot die rekenkundige
48 aanvaarbaarheid en doeltreffendheid van die stelsels
insluit. Theron van der Poel het die ooreenkoms soos
gepleit,
ontken. Die is gemeensaak dat so 'n opdrag nie
uitgevoer is nie. Die verhoorhof het dit nie nodig gevind
om
met hierdie eisoorsaak te handel nie. Die eisers se
advokate het
geen mondelinge betoog hieroor aan ons
voorgelê nie en selfs
hul skriftelike betoog spreek van 'n
langtandbenadering. Aangesien daar na my oordeel geen
meriete
in hierdie skuldoorsaak is nie, is ek nie van
voorneme om dit in
enige besonderhede te behandel nie.
Namens die eisers het Malan en
Francois oor hierdie aspek
getuig. Hul getuienis het in wesenlike
opsigte verskil
maar dit blyk daaruit dat daar 'n probleem
met
voorraadbeheer was en dat, in daardie konteks, 'n
opdrag
aan Bosman gegee is om die beheerstelsel na te gaan.
Hulle
het egter voortgegaan deur te sê dat die opdrag wyer
as
voorraadbeheer gestrek het en dat al die
beheerstelsels
nagegaan moes word. Hoewel Malan se weergawe was dat
die
"checks and balances" op alle finansiële stelsels van
49 toepassing moes wees, het dit volgens Francois gegaan oor
wyn wat wegraak en geld wat nie inkom nie en nie oor geld
wat
wegraak nie. Francois se weergawe weerlê dus die
beweerde
kontrak. Dit is nie namens eisers betoog dat
Malan se getuienis bo
dié van Francois verkies moet word
nie.
Die eisers se probleem eindig egter nie daar nie.
Bosman het nie alleen in getuienis die ooreenkoms
soos
gepleit, ontken nie maar verduidelik dat daar 'n
probleem
oor voorraadkontrole was, dat hy versoek is om dit
te
ondersoek, dat hy gepoog het om dit met Pieter en Johan
op
te neem, dat Pieter hom afgejak het en dat hy hulle toe
gevra
het om na hom terug te kom wanneer hulle hom benodig.
Niks verder
het gebeur nie. En hoewel hierdie weergawe aan
die eiser se getuies
gestei is, het Pieter en Johan nie
getuig nie. Nóg in die
uitspraak van Howie R nóg tydens
betoog is Bosman se
geloofwaardigheid onder verdenking
geplaas. Dieselfde geld nie vir
die Malans nie. Niks
sinvols is ten aansien van die waarskynlikhede ten gunste
50 van die eisers voorgehou nie. Dit volg dan dat, ten beste
vir eisers, die opdrag nie bewys is nie.
SLOTSOM
Die slotsom waartoe ek dus gekom het, is dat die
eisers nie op een van die basisse waarop hulle
staatgemaak
het, kon slaag nie en dat die appèl met koste
gehandhaaf
moet word. Hierdie resultaat maak dit onnodig om
die
diverse regspunte wat geopper is, te behandel.
Die
kwalifiserende fooie van Theron van der Poel
se
onafhanklike deskundige, Hultzer, moet ook toegelaat
word.
In die betoogshoofde is egter ook vir die
kwalifiserende
fooie van Van der Vyver, Bosman en Labuschaigne
gevra.
Hulle is aldrie geoktrooieerde rekenmeesters en het
opinie-
getuienis gelewer. Die komplikasie is dat hierdie
here
vennote van Theron van der Poel was en dus verweerders
en
gedingspartye was. In Texas Co (SA) Ltd v Cape
Town
Municipality 1926 AD 467 op 489 is die vraag of
'n
deskundige party op kwalifiserende fooie geregtig kan
wees,
oopgelaat. Die kwessie is nie voor ons geopper nie,
nie
51 in die eisers se betoogshoofde aangespreek nie, en dit
sou
onvanpas wees om daarsonder hieroor uitsluitsel te
gee.
Geleentheid word dus aan die partye gegee om betoog in
dier
voege voor te lê.
Die volgende bevel word gemaak:
1. Die appèl slaag met koste wat insluit die koste van twee advokate.
2. Die bevel van die hof a quo word vervang met 'n bevel van vonnis vir die verweerder met koste wat die koste van twee advokate en die kwalifiserende fooi van mnr Hultzer insluit.
3. Die appellant het geleentheid om binne 2 weke skriftelik betoog te liasseer en aan die respondente te beteken oor die vraag of die kwalifiserende fooie van mnre Van der Vyver, Bosman en Labuschaigne toegelaat kan word al dan nie. Die respondente kan binne 2 verdere weke hulle betoog in antwoord indien en beteken. Indien die appellant nie die geleentheid benut
52
nie, geld paragraaf 2 van die bevel onveranderd.
L T C HARMS APPeLREGTER
VAN HEERDEN, AR )
E M GROSSKOPF, AR )
GOLDSTOKE,
AR ) STEM SAAM
VAN DEN HEEVER, AR )